Spilpunt spoedbeheerder (Percentage timer)

Die toestel beheer die persentasie van ‘n minuutsiklus wat die interne relay (normaalweg oop) aangeskakel is.  Wanneer die toestel bv. op 80% gestel is, sal die relay vir 48 sekondes (60X80%) aanskakel en vir 12 sekondes afskakel.  Die toestel se tipiese toepassing is om die gemiddelde spoed van ‘n spilpunt te verstel, deurdat dit die aan/af tyd van die motor op die buitenste toring beheer. 

Op aanvraag kan die tydsduur van die siklus verander word om ander toestelle te skakel soos verlang.

Twee geharde knoppies word gebruik om die persentasie te verstel.  Wanneer ‘n knoppie ingehou word, sal die toestel self begin tel om sodoende tyd te bespaar.

‘n Wit LED aan die bokant van die syfers sal aandui wanneer die relay aangeskakel is.

Algemene gegewens:

Laagste persentasie = 1%
Hoogste persentasie = 100% (word deur "00" aangedui)

Werkspanning:  100-260VAC
Siklus: 60 sekondes
Vertooneenheid:  2 x 7 segment rooi LED syfers

Insette (4) dmv 'n "connectoring block"
2 insette vir 100-260VAC
2 insette na 10A Relay (normaalweg oop) (hierdie twee insette is nie aan spanningsinsette verbind nie)

Toets geslaag: >8 ure teen 260VAC in 45 grade Celsius omgewingstemperatuur


Vooraansig

Sy-aansig

Onderaansig

Agteraansig