Sellulêre skakelaar

Werkingsbeskrywing:
Die toestel kan gebruik word om enige elektriese toestel (<10A) te skakel. Dit werk saam met ‘n selfoon wat aan die ligsensor van die toestel gekoppel word. Die werking van die toestel berus op die eenvoudige basis dat dit ‘n interne relay skakel wanneer daar genoegsame lig op die sensor skyn, dit sal aanskakel indien af en afskakel indien aan. Dit sal telkemale skakel wanneer die kritiese hoeveelheid lig wat op die sensor skyn oorskry word. Wanneer die ligsensor op die skerm van die ontvangerselfoon se skerm vasgetrek word, sal dit elke keer skakel wanneer die skerm se liggie aangaan. Siende die skerm se liggie aangaan wanneer die selfoon lui, sal die toestel skakel wanneer ‘n oproep ontvang word. Die oproep word nie geantwoord nie en die skakeling geskied dus gratis.

Neem kennis:
Sekere selfoonmodelle se skermliggies gaan ook aan wanneer daar bv. van selfoontoring verander word. Die onus berus by die verbruiker om vas te stel of die selfoon wat vir die skakeling gebruik gaan word slegs op die verlangde tye die skermliggie sal aktiveer. Anders kan ongewensde skakelings plaasvind. Die ontvangerselfoon moet gestel word dat die skermliggie nie flikker terwyl dit lui nie, dit is by sommige modelle ‘n profielverstelling.
Verder moet die verbruiker ook voorsien dat die ontvangerselfoon op laaier gekoppel is wanneer die batteryleeftyd nie voldoende vir die betrokke toepassing is nie.

Wenk:
Gebruik ‘n simkaart in die ontvangerselfoon waarvan net u, of persone wat die toestel moet kan skakel, die nommer het. Dit sal die kans baie verlaag dat iemand anders per ongeluk dié nommer bel of ‘n teksboodskap (sms) stuur en sodoende die toestel skakel.

Toepassingsvoorbeelde:
  • Skakel ‘n lig(te) aan (en af) wanneer u nie tuis is nie.
  • Skakel die ketel of waterverwarmer (geyser) aan op ‘n gegewe tyd, sodat water reeds warm is as u by die huis aankom.
  • Skakel ‘n swembadpomp op tye soos verlang.




Toestel en ligsensor

  • Die knoppie word gebruik om die reley aan- en af te skakel. Dit sal slegs werk indien die lig wat op die sensor val minder as die kritiese hoeveelheid is.
  • Groen LED is verlig as die relay toe (ingetrek) is
  • Rooi LED dui aan dat kragtoevoer aktief is
  • Insette dmv. 'n verbindingsblokkie (connectoring block):
  • 2 X Kragtoevoer (200-260VAC)
  • 2 X Relay (Normaalweg oop)